Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Ohio |
County | Lucas |
Koördinate | 41°40′N 83°34′W / 41.667°N 83.567°W |
Stigting | 1833 |
Inkorporasie | 1837 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 217,87 vk km |
Hoogte bo seevlak | 187 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 282 313 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 374,3/vk km |
Tydsone | EST (UTC -5) |
Somertyd | EDT (UTC -4) |
Burgemeester | Paula Hicks-Hudson (D) |
Amptelike Webwerf | toledo.oh.gov |
Toledo (/təˈliːdoʊ/) is 'n hawestad en die setel van Lucas County, in die deelstaat Ohio en is ongeveer 88 km suid van Detroit.[1] Toledo is 'n belangrike hawestad in die Midde-Ooste van die Verenigde State, en die vierde grootste stad in Ohio, na Columbus, Cleveland en Cincinnati, en volgens die sensus van 2010, die 71ste grootste stad in die Verenigde State. Met 'n bevolking van 274 975 dien dit as 'n belangrike handelsentrum vir die Noord-Sentraal-Verenigde State.
Sy hawe is die vyfde besigste in die Groot mere en die 54ste grootste in die Verenigde State.[2][3] Die stad is aan weerskante van die Maumeerivier gebou, wat hier in die Eriemeer uitmond. Die nedersetting het dorpstatus gekry nadat dit met 'n naburige nedersetting, Vistula, saamgesmelt het in 1833.